!['Media mag by Henri se moordverhoor wees'](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-55-150x150.png)
Regter Siraj Desai van die Hooggeregshof in Kaapstad het beslis dat die
moordverhoor van Henri van Breda op video opgeneem kan word.
Hy sê ingevolge die Grondwet het Van Breda die reg op ’n regverdige openbare verhoor en die media het dus ook die reg om verslag daaroor te doen.
Van Breda staan tereg op aanklagte in verband met die bylmoord op sy gesin.
Desai het bevind dat die opneem en uitsaai van die saak ’n baie beter en akkurater weerspieëling van die saak sal wees as ’n joernalis se opsomming daarvan.
The post ‘Media mag by Henri se moordverhoor wees’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.