!["Zuma gaan nêrens nie"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-54-150x150.png)
Die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, sê Pres. Jacob
Zuma gaan nêrens nie.
Netwerk24 berig Mokonyane het haar deelname aan die ANC se nasionale werkkomitee se vergadering gister onderbreek om ’n geleentheid van die ANC-jeugliga om die kabinetskuiwe te vier, in Germiston toe te spreek.
Volgens haar sal Zuma tot in 2019 president wees.
Mokonyane, ’n stoere Zuma-bondgenoot, se boodskap het gekom op ’n dag wat Zuma een van sy ander getroue bondgenote – Cosatu – verloor het.
Sy sê die NWK wil ’n verenigde front hou en die boodskap sal wees dat die ANC-topses geraadpleeg is oor die verwydering van Pravin Gordhan, minister van finansies.
Die helfte van die topses – adj.pres. Cyril Ramaphosa, Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, en dr. Zweli Mkhize, tesourier-generaal – het Zuma se kabinetskuiwe veroordeel.
President Zuma het intussen die Cosatu-leierskap gevra vir ‘n vergadering om
onder meer die vakverbond se oproep dat hy moet bedank, te bespreek.
Die president van Cosatu, S’dumo Dlamini, het aan joernaliste gesê Zuma het hom geskakel en gevra vir ‘n vergadering met Cosatu-leiers.
Hy sê hy het gehoop dat Zuma hom verlede Donderdag sou bel voordat hy sy kabinetskommeling aangekondig het.
The post “Zuma gaan nêrens nie” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.