![Kovsiekerk se boekhouer in hof vir bedrog](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-53-150x150.png)
‘n Voormalige boekhouer van die Kovsiekerk in Bloemfontein het op 151 aanklagte van bedrog in die landdroshof verskyn.
Die 46-jarige Riëtte Labuschagne het na bewering die kerk se geld gebruik om haar huishoudelike rekenings te betaal.
Volgens ’n voorlopige klagstaat het sy die kerk uit meer as R475 000 bedrieg.
The post Kovsiekerk se boekhouer in hof vir bedrog appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.