![Vrou soek gewese man dood: Kry tronkstraf](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Hof_2-50-150x150.jpg)
Die 41-jarige Petronella van Niekerk van Middelburg in Mpumalanga is ’n opgeskorte vonnis en korrektiewe toesig opgelê omdat sy twee mense ‘n R100 000 elk wou betaal om haar gewese man te vermoor.
Sy is ses jaar gevangenisstraf opgelê vir poging tot moord, maar dis vir vyf jaar opgeskort.
Van Niekerk moet ook 30 maande korrektiewe toesig uitdien.
Volgens die Valke het Van Niekerk in 2015 planne beraam om Daniel van Niekerk te laat vermoor, maar ’n informant het die Valke daaroor ingelig.
The post Vrou soek gewese man dood: Kry tronkstraf appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.