![Moenie bestuur onder die invloed van dagga nie](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-52-150x150.png)
Arrive Alive het ’n beroep op motoriste gedoen om nie onder die invloed van dagga te bestuur nie.
Dit volg ná die hooggeregshofuitspraak in Kaapstad verlede week oor die gebruik van dagga.
Arrive Alive-woordvoerder, Johan Jonck, sê hoewel wetstoepassing op mense onder die invloed van dwelms moeilik is, moet die publiek bewus gemaak word van die newe-effekte daarvan en hoe dit hul bestuursvermoë kan beïnvloed.
Doctors For Life het intussen ook sy kommer uitgespreek oor die gevolge van die hofuitspraak.
Die organisasie sê in ’n verklaring wat mense in die privaatheid van hul huise doen, kan wel ’n uitwerking op die breër gemeenskap hê.
Dit sluit in stadige reaksie en swak koördinasie wat tot noodlottige ongelukke by die huis en werk kan lei.
The post Moenie bestuur onder die invloed van dagga nie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.