![Waterprobleme in Bfn weens nalatigheid](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-30-150x150.png)
Die nalatigheid van ‘n amptenaar van die Mangaung-metro is glo die rede
waarom ses woonbuurte in Bloemfontein gister meer as 12 uur lank sonder water moes klaarkom.
Netwerk24 berig volgens Rossouw Botes, DA-raadslid en die waterkenner van die metro, was die reservoirs aan die suidekant van die stad besig om almal leeg te loop, omdat ’n amptenaar wat opdrag gehad het om een klep Saterdagmiddag toe te draai en ’n ander een oop, nie laasgenoemde gedoen het nie.
Qondile Khedama, hoofbestuurder vir kommunikasie van die Mangaung-metro, sê die saak word ondersoek en dat die metro om verskoning vra aan almal wat deur die watergebrek geraak is.
The post Waterprobleme in Bfn weens nalatigheid appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.