!["Zuma moet bedank" - SAKP](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-31-150x150.png)
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty in Noordwes het hul stem gevoeg by
dié wat eis dat President Jacob Zuma bedank.
Dit volg te midde van al meer versoeke dat Zuma bedank in reaksie op sy omstrede kabinetskommeling einde verlede week.
Vyf ministers, insluitend die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, is in dié stap afgedank.
Die provinsiale sekretaris van die SAKP in Noordwes, Madoda Sambatha, sê die provinsie veroordeel, wat hy noem Zuma se “misbruik van sy prerogatief.
Sambatha sê Zuma maak hom skuldig aan dieselfde oortreding as waarvan Thabo Mbeki destyds beskuldig is, en daarom noodsaak dit dieselfde optrede.
The post “Zuma moet bedank” – SAKP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.