![Seun (14) gearresteer vir seksuele aanranding](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-32-150x150.png)
Die polisie in Chicago, Amerika, het ‘n 14-jarige seun op ‘n klag van seksuele
aanranding in hegtenis geneem nadat ‘n voorval met ‘n 15-jarige meisie regstreeks op Facebook gesien kon word.
Volgens berigte het nagenoeg veertig mense na die video gekyk sonder om dit by die owerhede aan te meld.
Die polisie sê nog inhegtenisnemings word verwag.
‘n Groep van sowat ses mans, insluitend die seun, was skynbaar by die aanval betrokke.
Die meisie se ma het die polisie oor die voorval ingelig.
Dié video volg op ‘n soortgelyke voorval verlede Januarie toe vier persone ‘n geestesgestremde man aangerand en dit regstreeks vertoon het.
The post Seun (14) gearresteer vir seksuele aanranding appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.