![Zuma-mosie: 48 ANC stemme nodig](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-33-150x150.png)
Bykomend tot opposisiepartye se stemme, moet nog 48 ANC LP’s teen president Jacob Zuma stem om ‘n mosie van wantroue teen hom te laat slaag.
Dít is volgens politieke wetenskaplike van die Noordwes Universiteit (NWU), prof. André Duvenhage, wat meen dat die president se posisie tans op ‘n mespunt gebalanseer is.
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, begin môre met ‘n konsultasieproses om mosies van wantroue in president Jacob Zuma in die parlement te oorweeg.
Die EFF het Mbete versoek om die parlement te herroep en dié party en die DA het afsonderlik gevra dat mosies van wantroue in Zuma toegelaat moet word.
Duvenhage sê egter hy is nie seker of die mosie deur die DA en EFF suksesvol sal wees nie.
Hy sê Zuma is ‘n oud-vegter en oud-stryder en die moontlikheid bestaan dat die president daarvan seker is dat hy steeds die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) se steun in die parlement het.
The post Zuma-mosie: 48 ANC stemme nodig appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.