![Nuwe staanplek vir standbeeld van C.R. Swart](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-29-150x150.png)
Die standbeeld van oudpres. C.R. Swart, wat verlede jaar in die
#FeesMustFall-veldtog by die Universiteit van die Vrystaat beskadig is, het gister ’n nuwe staanplek gekry.
Netwerk24 berig Swart se standbeeld is op Die Voortrekkers in die Vrystaat se plaas Doornkloof tussen Kroonstad en Lindley onthul en kyk nou uit op die C.R. Swart-terrein wat voorheen na hom genoem is.
Die beeld is in Februarie 2016 ten tyde van studentebetogings van sy voetstuk gebreek waar dit voor die regsfakulteit van die UV gestaan het en is in ’n visdam gegooi.
Die studente het ook ’n vuur teen die beeld gemaak.
Meer as R80 000 se skade is destyds aan die beeld self aangerig.
The post Nuwe staanplek vir standbeeld van C.R. Swart appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.