Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Verwoede mobilisering om van Zuma ontslae te raak

$
0
0
Verwoede mobilisering om van Zuma ontslae te raak

Die ANC is opsigtelik besig om verwoed te mobiliseer om van pres. Jacob
Zuma as president ontslae te raak nadat hy Donderdagaand die land geskok het deur sy kabinet met lojaliste te laai sonder om selfs die ANC se topleiers in dié ingrypende besluit te ken.

Netwerk24 berig ook buite die regerende party word massaoptrede teen Zuma beplan met ANC-LP’s wat individueel deur leiers van die EFF, DA en selfs die alliansie genader is om ’n mosie van wantroue teen Zuma te steun.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa, Zweli Mkhize, die ANC se tesourier-generaal, en Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het al drie in ’n ongekende stap die obskure “proses” verwerp wat tot die afdanking van Pravin Gordhan, hoogaangeskrewe minister van finansies, vier ander ministers en drie adjunkte gelei het.

Baleka Mbete sal na verwagting môre uit Bangladesj laat weet of sy instem tot ’n spesiale sitting van die Nasionale Vergadering vir dié doel.

Die parlement is tans in reses en sit eers weer op 9 Mei.

Intussen berig die Gupta-beheerde TV-kanaal, ANN7, dat Finans-minister
Pravin Gordhan se oproep tot massa-optrede teen pres. Jacob Zuma “blatante
uitlokking” van die president is.

Zuma het vriendskapsbande met die Guptas en dit is duidelik dat die TV-kanaal eensydig berig om die president se besluite oor sy kabinet-skommeling te regverdig.

Intussen het duisende DStv-intekenare begin om ‘n aanlyn-petisie op te stel om Multichoice te vra om die Gupta-beheerde ANN7-kanaal van hul betaal-televisie te verwyder.

The post Verwoede mobilisering om van Zuma ontslae te raak appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!