![Polisie opsoek na rowers van transitorooftog](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Police_badge-32-150x150.jpg)
Die polisie in Gauteng is op soek na rowers wat gister ‘n geldwa op die
R-24, oos van Johannesburg van die pad gedwing en dit met plofstof
oopgeskiet het om die geldtrommels in die hande te kry.
Die R-24 is ‘n besige snelweg na die OR Tambo lughawe in Kempton Park.
Die rowers het in twee luukse voertuie van die rooftoneel weggejaag.
The post Polisie opsoek na rowers van transitorooftog appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.