Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Gigaba vergader met kredietgraderingsagentskappe

$
0
0
Gigaba vergader met kredietgraderingsagentskappe

Die nuwe minister van Finansies, Malusi Gigaba, het bevestig dat hy ‘n dag ná
sy aanstelling begin het om met die kredietgraderingsagentskappe – Fitch en
Moody’s – in gesprek te tree.

Vrese bestaan dat Suid-Afrika afgegradeer kan word weens politieke onsekerheid ná President Jacob Zuma se omstrede kabinetskommeling.

Die graderingsagentskap, Moody’s, sal aanstaande week sy besluit bekend maak.

Gigaba sê hy sal binnekort met talle rolspelers vergader.

Dit sluit ‘n vergadering vroeg volgende week in met die voormalige minister van Finansies, Pravin Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas.

Intussen het die Thabo Mbeki Stigting hom ook by die koor aangesluit wat
pres. Zuma se kabinetskommeling vroeër die week skerp veroordeel het.

Die stigting sê dit is slegte nuus vir die ANC se kanse in komende verkiesings. Die Mbeki Stigting sê hy respekteer die President se reg om sy kabinet te herskommel, maar die afdanking van Gordhan en andere kom op ‘n tydstip van ernstige ekonomiese en politieke spanning in die land.

The post Gigaba vergader met kredietgraderingsagentskappe appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!