![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Jock-Meiring.-2-JPG-150x150.jpg)
Twee besige strate in Bloemfontein sal eersdaags gesluit word en vir wandellane wat gebou gaan word, plekmaak.
Die Mangaung Metro-munisipaliteit beplan om Jock Meiringstraat voor Grey Kollege en Eunice skool te sluit as deel van ‘n nuwe ruimtelikehervormingsbeleid wat deur die metro goedgekeur is.
Die straat sal voortaan as wandellaan vir leerders en voetgangers dien.
Ingevolge die beleid word alle strate in veral die weste woonbuurte van die stad, waar hoë druk verkeer voorkom, heroorweeg om die toenemende verkeersknope in die stad te verminder.
Ouers wat hulle kinders by Grey Kollega aflaai, sal voortaan van die noordelike hek by College Square moet gebruik maak.
Eunice-leerders sal slegs toegang tot die suidelike hek in Universitas hê.
Die Metro se ruimtelike hevormingskomitee-voorsitter, Eapele Bohlanya, sê die verkeersdruk voor die betrokke skole is tans ‘n veiligheidsrisiko en .
Volgens Bohlanya is openbare deelname vir die veranderinge nie nodig nie, aangesien die komitee die mandaat van die provinsiale department van verkeer het.
Hy kon nie bevestig of strate voor ander skole in die stad heroorweeg word nie.
The post Besige strate voor dié skole word wandellane appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.