![Minister en adjunk spandeer miljoene op reise](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/rfrf-4-150x150.png)
Die minister van toerisme, Derek Hanekom, en sy adjunk, Tokozile Xasa, het die afgelope jaar meer as R4 miljoen op buitelandse reise spandeer.
Die DA woordvoerder oor toerisme, James Vos, het hierdie reise skriftelik bevraagteken aangesien van die reise na eksotiese en ander bestemmings was wat geen voordeel vir die land se toerismebedryf sou inhou nie.
Xasa se 16 reise het ook ondermeer ‘n twee-dag reis na die Seychelle eilande ingesluit.
The post Minister en adjunk spandeer miljoene op reise appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.