Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Onbesonne aksies, maar geldkrisis in die VS

$
0
0
Onbesonne aksies, maar geldkrisis in die VS

Die Vryheidsfront Plus sê die Tesourie kan nie eiehandig die Vrystaat van die huidige finansiële krisis red nie.

Die party lid in die Vrystaatse Wetgewer, het Dinsdag tydens ‘n debat oor die begroting van die Vrystaatse Tesourie gesê alle pogings wat aangewend word om die ekonomie te stimuleer is vrugteloos weens president Zuma se aksies en besluite.

Wessels sê die Vrystaase departement vir finansies het ‘n reuse taak om te verrig en die verpligtinge wat deur artikel 18 van die Wet op Openbare Finansiëlebestuur aan tesourie gestel word, naamlik die oorsig en monitering van alle provinsiale departemente en publieke entiteite se finansies is midde growwe wanbestuur, ongemagtigde uitgawes, begrotingstekorte en korrupsie amper onbegaanbaar.

“Tesourie moet egter geloof word vir die werk wat hulle as departement verrig, ten spyte van uiters moeilike omstandighede. In baie gevalle weet tesourie meer wat in departemente se finansies aangaan, as die leierskap van die departemente self,” sê Wessels.

Hy sê die provinsie kan nie inkomste genereer terwyl die entiteite wat vir hierdie inkomste verantwoordelike is nie funksioneer nie as gevolg van wanbestuur en onbevoegdheid.

“Provinsiale voertuigtoetsstasies en lisensiekantore is ‘n baie belangrike bron van inkomste vir die provinsie, maar talle van hierdie fasiliteite funksioneer net eenvoudig glad nie.”

Wessels sê die regerende party moet sy prioriteite herevalueer en fokus op infrastruktuurontwikkeling en -onderhoud in plaas van luukshede en mislukte projekte.

“Die oomblik wat die ekonomie positiewe tekens toon plunder die ANC dit met hul onbesonne besluite en onbevoegdheid. Alle pogings wat aangewend word om die huidige finansiële krisis te beredder is nutteloos as daar nie ‘n politieke wil by die regerende party bestaan om die krisis aan te spreek en om te keer nie. Die ondeurdagte optrede deur die president om die minister van finansies, mnr Pravin Gordhan terug te roep van sy amptelik internasionale besoek het die randwaarde laat tuimel.”

The post Onbesonne aksies, maar geldkrisis in die VS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!