Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

UV-taal: Konstitusionele Hof dalk volgende stap

$
0
0
UV-taal: Konstitusionele Hof dalk volgende stap

Solidariteit het sy teleurstelling uitgespreek oor die feit dat onderriginstellings en howe min beskerming vir die internasionaal erkende reg tot moedertaalonderrig bied.

Die vakbond se reaksie volg in reaksie op die uitspraak van die Appèlhof in Bloemfontein ten gunste van die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat.

‘n Volbank van die appèlhof het beslis die Universiteit van die Vrystaat wettig opgetree het toe hy die nuwe taalbeleid in Maart verlede jaar aanvaar het.

Die moontlikheid word nou ondersoek om by die Konstitusionele Hof aansoek te doen om teen die uitspraak te appelleer.

“Omdat toegang tot Afrikaanse onderrig vir Solidariteit en AfriForum ʼn prioriteit bly, duur gesprekke met internasionale forums en kenners voort met die oog daarop om die stryd vir die beskerming van dié reg ook in die internasionale arena aan te pak. Tegelykertyd word alternatiewe Afrikaanse studiegeleenthede ook in die privaatsektor ontwikkel,” sê Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Buys sê Solidariteit en AfriForum sal Afrikaanssprekende studente se reg tot Afrikaanse onderrig op alle moontlike wyses binne die wetlike raamwerk beskerm en verdedig.

Volgens Buys is dit selfs in die uitspraak deur die Appèlhof duidelik dat daar uiteenlopende standpunte oor die betekenis van artikel 29 van die Grondwet bestaan.

“Soos die appèlhof se uitspraak tereg noem, is taalregte ten nouste verweef met kulturele identiteit en minderheidsregte en is dit nodig dat die Konstitusionele Hof uitspraak oor Afrikaans as medium van onderrig op tersiêre vlak lewer. Om hierdie rede sal verlof tot appèl na dié hof verwelkom word.”

Die UV sê in reaksie op die appèlhof se bevinding dat is ’n mylpaal in die geskiedenis van die universiteit, Prof Nicky Morgan, waarnemende rektor, sê die uitslag is ’n mylpaal in die geskiedenis van die UV en dit beklemtoon die belangrikheid van die besluit wat verlede jaar deur die raad geneem is.

Netwerk24 berig die UV sal nou voortgaan om sy nuwe taalbeleid, met Engels as primêre onderrigtaal, volgens sy planne in werking te stel.

The post UV-taal: Konstitusionele Hof dalk volgende stap appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!