Die yslike bohaai wat ‘n groepie swart leerlinge by die Pretoria High School for Girls opgeskop het oor ‘n verbod op haarstyle soos afro, rastalokke en vlegsels sal waarskynlik daartoe lei dat skool beheerliggame regoor die provinsie voortaan verplig sal word om kinders toe te laat om met enige haarstyl by skole op te daag.
Dit volg nadat die LUR vir onderwys, Panya Lesufi, die skool se beheerliggaam aangesê het om die skool se gedragskode wat die reëls van haarstyle stipuleer, onmiddellik op te skort en skoliere hul sin te gee.
Lesufi wat sonder meer die kant van die swart leerlinge gekies het, het ‘n onafhanklike komitee aangestel om enige aantygings, hetsy oor rassisme of ander, te ondersoek en verslag daaroor te doen.
The post PTA-SKOOL SE HAARREëLS OPGESKORT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.