Die hooggeregshof in Pretoria hoor tans ‘n aansoek aan van die minister van finansies, Pravin Gordhan, vir ‘n bevel dat hy nie kon ingryp by banke se besluit om die invloedryke Gupta-familie se bankrekeninge te sluit nie.
Die famile se aansoek kom te midde van toenemende bespiegelinge oor Gordhan se spoedige terugkeer na Suid-Afrika nadat sy beleggerstoer in Londen deur President Jacob Zuma kortgeknip is.
Zuma het nie redes daarvoor gegee nie, maar daar is gerugte dat hy moontlik ‘n kabinetskommeling kan kondig wat die einde van Gordhan se loopbaan as minister van finansies kan beteken.
Die nuusagentskap Bloomberg het intussen berig dat pres. Jacob Zuma reeds die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party ingelig het van sy voorneme om Gordhan af te dank.
Die DA se David Maynier sê die aankondiging deur Zuma (dat hy Gordhan gevra het om na Sui-Afrika terug te keer) is bisar en die president se stilte sedertien wys dat hy niks uit 9/12, die datum waarop Gordhan vorheen gepos is en Suid-Afrika R 99 miljard in 48 uur verloor het, geleer het nie.
The post ‘Bisarre’ tye in kabinet – Guptasaak aangehoor appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.