![Debat oor Zille se twiets](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-120-150x150.png)
Die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer gaan na verwagting vanmiddag ‘n debat
hou oor die premier, Helen Zille se omstrede twiets oor kolonialisme.
Die ANC-lid in die wetgewer, Khaya Magaxa het die debat aangevra.
Zille het intussen om verskoning gevra vir haar opmerking dat die nalatenskap van kolonialisme nie slegs negatief is nie.
Die ANC in die provinsie het ook verlede week gevra dat die DA Zille as premier moet afdank.
Die DA se regskommissie ondersoek of Zille se twiets die party se grondwet geskend het.
The post Debat oor Zille se twiets appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.