![Tekorte aan mediese toerusting in staatshospitale](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/stethoscope-23-150x150.jpg)
Grootskaalse tekorte aan mediese toerusting in staatshospitale, onder andere
die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein, dra by tot erge pyn en lyding wat deur pasiënte ervaar word.
Netwerk24 berig Wouter Wessels, VF+-lid in die Vrystaatse wetgewer, het gister in ’n debat oor die provinsiale gesondheidsdepartement in die wetgewervergadering gesê pasiënte se lyding weens die tekorte is nimmereindigend.
Hy het die verantwoordelikheid reg voor die deur van die ANC-regering geplaas.
Mediese personeellede gebruik handskoene as knelverbande, matrasbedekkers as doeke en lêerplakkers as pleisters omdat daar van dié basiese benodigdhede net geen voorraad in staatshospitale is nie.
The post Tekorte aan mediese toerusting in staatshospitale appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.