![Struggle-veteraan se gesondheid verswak](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-115-150x150.png)
Die Ahmed Kathrada-stigting en die Nelson Mandela-stigting sal vanoggend
‘n gesamentlike gebedsessie hou waar hulle ook die publiek sal inlig oor Ahmed Kathrada se gesondheid.
Die Kathrada-stigting het gistermiddag aangekondig dat die 87-jarige struggle-veteraan se toestand die afgelope 24-uur versleg het en dat hy dubbele longontsteking het.
Hy is vroeër vandeesmaand in die hospitaal opgeneem vir ‘n operasie weens ‘n bloedklont op sy brein.
Kathrada is gisteraand deur verskeie hooggeplaastes besoek, insluitend die Gautengse premier, David Makhura, die ANC voorsitter in Gauteng, Paul Mashatile, en die ANC-veteraan, Max Sisulu.
The post Struggle-veteraan se gesondheid verswak appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.