Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Hofsaak tussen Gordhan en Oakbay Investments

$
0
0
Hofsaak tussen Gordhan en Oakbay Investments

President Jacob Zuma het as belanghebbende toegetree tot die hofsaak tussen
die minister van finansies, Pravin Gordhan, en die Gupta-familie se Oakbay
Investments.

Die saak is geskeduleer om vandag in die hooggeregshof in Pretoria te begin.

Gordhan vra die hof om te beslis dat hy nie kan inmeng by die besluit van die land se vier grootste banke om die rekeninge van sake-ondernemings wat aan die Gupta-familie behoort, te sluit nie.

Die minister sê die Gupta’s het hom herhaaldelik gevra om in te gryp sodat hulle rekeninge heropen kan word.

Sakeleiers het intussen ‘n beroep op president Jacob Zuma gedoen om ‘n
verduideliking te gee oor hoekom finans-minister Pravin Gordhan skielik
teruggeroep is van ‘n oorsese reis waar hy besig was om sakelui te oorreed om in Suid-Afrika te belê.

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê die stap het tot onsekerheid in die markte gelei.

Daar word wyd bespiegel dat Zuma, wat ‘n persoonlike vriend van die Gupta-familie is en in die bresse vir hulle getree het, binnekort Gordhan die trekpas gaan gee.

The post Hofsaak tussen Gordhan en Oakbay Investments appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!