![Bekende advokaat sterf in padongeluk](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Car_accident-23-150x150.jpg)
’n Bekende advokaat van Regshulp Suid-Afrika, die 37-jarige Van Zyl Nel, is vroeg gisteroggend dood in ’n ongeluk tussen Kimberley en Modderrivier.
Die polisie se luitenant-kolonel Mashay Gamaldien sê Nel was die enigste insittende en is uit sy bakkie geslinger toe dit vermoedelik verskeie kere gerol het.
Nel sou op 15 April met sy verloofde, Elmari van der Merwe — ’n staatsaanklaer — op sy pa se plaas buite Kuruman getrou het.
The post Bekende advokaat sterf in padongeluk appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.