’n Dankdag word Vrydag in die Vrystaat gehou ná die goeie reën oor groot
dele van die land.
Vrystaat Landbou sê in ‘n verklaring dié gebedsgeleentheid sal by Nampo Park op Bothaville gehou word uit dankbaarheid vir die reën.
Die organisasie het alle boere in die Vrystaat, hulle werkers en ander lede van die gemeenskap aangemoedig om die biddag by te woon.
Dit begin om tienuur die oggend.
The post Dankdag vir die goeie reën appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.