![Bejaarde vrou herhaaldelik verkrag, aangerand](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-62-150x150.png)
Twee mans van 17 en 23 jaar oud is in hegtenis geneem nadat ‘n 70-jarige vrou
van Griekwastad in die Noord-Kaap die afgelope naweek herhaaldelik in haar huis verkrag en aangerand is.
Sy is na die hospitaal in Kimberley geneem waar sy gister geopereer is.
Volgens familielede is haar gesig weens die beserings onherkenbaar vermink.
Polisiewoordvoerder, luitenent-kolonel Mashay Gamaldien, sê ‘n saak van aanranding, verkragting en huisroof word ondersoek.
Die aanvallers het ook van haar huisraad en besittings gesteel.
The post Bejaarde vrou herhaaldelik verkrag, aangerand appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.