![Bram Fischer-lughawe die "beste in Afrika"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-64-150x150.png)
Die Internasionale Bram Fischer-lughawe wat Bloemfontein bedien, het twee
gesogte toekennings van Airports Council International (ACI) gewen.
Netwerk24 berig die lughawe is aangewys as die beste lughawe in Afrika in die afdeling vir lughawens wat minder as 2 miljoen passasiers per jaar hanteer.
Dit is ook in dié afdeling aangewys as die lughawe in Afrika wat die grootste verbetering ondergaan het.
Die toekennings is gemaak gegrond op beoordeling wat in 2016 gedoen is.
Esmeralda Barnes, bestuurder van die lughawe, sal die trofeë in Oktober in Mauritius op ’n prysuitdelingsgeleentheid in ontvangs neem.
The post Bram Fischer-lughawe die “beste in Afrika” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.