Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Geen stappe teen jagluiperd nie – Varty

$
0
0
Geen stappe teen jagluiperd nie - Varty

Die jagluiperd wat die naweek ‘n seuntjie doodgebyt het, sal nie uitgesit word nie, maar die kamp waarin hy bly sal bykomende beveiliging kry.

John Varty, van Tiger Canyons naby Philippolis, het op Facebook bevestig dat die aanval Saterdag ‘n menslike oordeel fout was en dat geen aksiestappe teen die betrokke jagluiperd geneem sal word nie.

Daar sal wel ‘n 2,4 meter hoë ge-elektrifiseerde heining om die kamp gebou word.

Varty beweer egter dat ‘n groot hoeveelheid drank die vorige aand op die plaas ingesmokkel is.

‘n Jagluiperd-kenner sê intussen dié katte is opportunisties en sal vir klein prooi gaan.

Desmond Gouws van Running Wild Conservation in Bloemfontein sê regoor Afrika is daar gevalle waar katte uit reservate ontsnap.

Gouws sê die drie-jarige seuntjie, Lorenzo Pieterse, wat dood is nadat ‘n Cheetah hom aangeval het, is hartseer, maar soortgelyke aanvalle sal plaasvind as oordeelsfoute inkom.

Gouws, wat self wilde-katte weer rehabiliteer om hulle in die natuur vry te laat, sê Varty doen baie om dié diere bewaar.

 

The post Geen stappe teen jagluiperd nie – Varty appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!