![Ondersoek na bewyse van spioenasie op Trump](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-57-150x150.png)
Die direkteur van die Amerikaanse speurdiens, James Comey, sal vandag aan die Huis van Verteenwoordigers se intelligensiekomitee verslag doen oor of daar enige bewyse is dat daar op president Donald Trump gespioeneer is ten tyde van die Amerikaanse verkiesingsveldtog.
Hy sal getuig oor die ondersoek na Rusland se moontlike inmenging in die verkiesing, maar sal ook uitgevra word oor Trump se bewerings op Twitter dat oud-president Barack Obama opdrag gegee het dat sy telefoongesprekke afgeluister word.
Trump het later gesê daar is op hom gespioeneer en dat hy nie noodwendig afgeluister is nie.
The post Ondersoek na bewyse van spioenasie op Trump appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.