![Sassa-saak: "ANC moet rede gee om stil te staan"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/cosatu-Medium-6-150x150.jpg)
Die vakverbond, Cosatu, sê die konstitusionele hof se uitspraak teen die departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), asook die hooggeregshof-uitspraak dat die aanstelling dat die Valke se hoof, generaal Berning Ntlemeza, ongeldig was, moet die ANC en sy regering rede gee om stil te staan en te besin.
Cosatu sê in ’n verklaring die ANC moet sy leierskapsrol in die samelewing ernstig opneem, en die regbank se regstelling van dié twee flagrante en vermybare foute bewys dat daar ernstige kapasiteitsprobleme in die regering is.
Die vakverbond sê dit is duidelik dat die foute almal geassosieer word met minagting van die Grondwet en die oppergesag van die reg deur sommige regeringsdepartemente en politieke ontplooides.
The post Sassa-saak: “ANC moet rede gee om stil te staan” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.