![Minister dien hofstukke in teen bevindings oor Ntlemeza](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-56-150x150.png)
Die minister van Polisie, Nathi Nhleko, sal na verwagting vandag hofstukke by
die hooggeregshof in Pretoria indien om te appelleer teen die hof se bevindings oor die hoof van die Valke, Berning Ntlemeza.
Die hof het Vrydag bevind dat Ntlemeza se aanstelling onwettig en ongeldig was, na ‘n aansoek deur die drukgroepe Freedom Under Law en die Helen Suzman-stigting.
Die drukgroepe het aangevoer dat Nhleko twee regters se vroeër beslissings dat Ntlemeza ‘n leuenaar is en nie integriteit het nie, geïgnoreer het.
Ntlemeza sal volgens berigte die hoof van die Valke bly tot die appèlproses afgehandel is.
The post Minister dien hofstukke in teen bevindings oor Ntlemeza appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.