![Derde peperduur waterpypleiding](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-55-150x150.png)
Die DA in die Mangaung-metro bevraagteken die nut van ‘n derde peperduur
waterpypleiding wat die departement van waterwese en sanitasie teen R425 miljoen van Brandkop na Lieuwkop wil aanlê.
Dié waterpypleiding vorm deel van Bloemfontein se hoofwaterpypleiding vanuit die Welbedachtdam.
Netwerk24 berig Rossouw Botes, die DA se waterkenner in die metro, sê in ’n nuusverklaring die gedeelte waar minister Nomvulu Mokonyane nou ’n derde pyp wil installeer, bestaan reeds uit dubbele pypleidings.
Volgens Rossouw kan ander gedeeltes van die hoofwatertoevoer van die Welbedachtdam na Bloemfontein eerder van dubbele pypleidings voorsien word.
Dit sal help seker maak dat daar genoeg reserwewater vir Bloemfontein beskikbaar is in droogtetye.
Die uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
The post Derde peperduur waterpypleiding appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.