![Kommer oor finansiële probleme by SAUK](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-53-150x150.png)
Die sekretaris-generaal van die SAKP, Blade Nzimande, sê hulle is
bekommerd dat die finansiële probleme by die SAUK so erg is dat werkers dalk
nie aanstaande maand betaal sal word nie.
Nzimande sê selfs al sou die Tesourie die openbare uitsaaier bystaan, sal die SAUK steeds in die rooi wees.
Hy sê almal het stilgebly terwyl die SAUK vernietig is, maar hy kan nie meer die foute van die ANC verdedig nie.
Nzimande het die lede van die parlementêre ad hoc-komitee wat die SAUK ondersoek het, bedank vir die wyse waarop hulle opgetree het.
Die openbare uitsaaier het verlede week ontken dat hy `n finansiële krisis in die gesig staar en sê hy kan nog al sy verpligtinge nakom.
Dit volg na vroeëre verklarings van die SAUK dat hy finasiële druk ondervind en dat hy sy reserwes moet gebruik.
The post Kommer oor finansiële probleme by SAUK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.