Die liggaam van ‘n babatjie is gister in ‘n rivier buite Bloemfontein gevind.
Die dogter, wat glo amper ‘n jaar oud was, is op die toneel dood verklaar.
ER24 se Russel Meiring se ‘n boer het die baba tussen rotse in die rivier opgemerk en die owerhede in kennis gestel.
Meiring sê paramedici vermoed dat sy reeds ‘n geruime tyd dood was.
Die polise ondersoek tans die voorval.
The post Liggaam van babatjie in rivier buite Bfn gevind appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.