![Buurtwagte neem deel aan patrollie in Bfn](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/AfriForum-5-150x150.jpg)
Die burgerregte-organisasie AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte het
Vrydagnag deelgeneem aan AfriForum se nasionale patrollie.
Bykans 165 patrolleerders – elkeen ’n buurtwaglid – het aan die patrollie deelgeneem, asook die Suid-Afrikaanse Polisiediens en verskeie privaat sekuriteitsmaatskappye.
Volgens Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, het al sewe buurtwagte in Bloemfontein aan die patrollie deelgeneem.
Die patrolleerders het Bloemfontein tussen Vrydagaand 8-uur en Saterdagoggend 3-uur in skofte van drie ure elk met 90 voertuie gepatrolleer.
Behalwe vir dronkbestuur, is geen ander ernstige aanvalle toegekom nie.
Die patrollie was op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van veiligheidstrukture gemik.
The post Buurtwagte neem deel aan patrollie in Bfn appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.