![Bende vas vir huisrooftogte](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Burglar-6-150x150.jpg)
Die Gautengse polisie het die naweek ’n bende van sewe lede in hegtenis
geneem wat vermoedelik by huisrooftogte in Roodepoort en Boksburg betrokke was.
‘n Provinsiale polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Lungelo Dlamini, sê die moontlikheid word ondersoek dat hulle ook by ander ernstige geweldsmisdade betrokke was.
Meer as 500 verdagtes is ook op verskeie aanklagte, insluitend die besit van 24 ongelisensieerde vuurwapens, gesteelde goedere en dwelms, asook poging tot moord, aanranding, diefstal, bestuur onder die invloed van alkohol en onwettige immigrasie in hegtenis geneem.
The post Bende vas vir huisrooftogte appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.