![28 jaagduiwels gearresteer oor die naweek](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/kk-233-150x150.png)
Die Vrystaatse verkeersowerhede en die polisie het die afgelope naweek etlike
motoriste weens spoedoortredings in hegtenis geneem.
Netwerk24 berig altesame 28 motoriste is glo sedert Vrydag weens spoed in die provinsie aangekeer.
Die vinnigste jaagduiwel is Saterdag aangekeer nadat hy glo in ‘n BMW X5 teen 250 km/h op die N1 by Kroonstad gejaag het.
By Werda op die N1 is ’n motoris Vrydag in ’n Toyota Hilux-bakkie teen 173 km/h betrap en op borgtog van R3 000 vrygelaat.
In Warden op die N3 is ’n motoris Vrydag in ’n BMW 540i aangekeer wat glo teen 234 km/h gejaag het.
Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Almal verskyn later in die hof.
The post 28 jaagduiwels gearresteer oor die naweek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.