![Bekende sakevrou van Parys vermoor](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-215-150x150.png)
Die gemeenskap van Parys in die Vrystaat is geskok na afloop van die moord
van ‘n bekende sakevrou, die 46-jarige Ronel Claassens, Woensdagaand.
Netwerk24 berig Claassens, wat enkellopend was, is glo in haar huis met ‘n
plastieksak versmoor.
Die polisie het tydens ‘n roetine-patrollie in die vroeë oggendure die bestuurder van ‘n minibussie met ‘n Botswana-nommerplaat beveel
om te stop.
Hy het van die toneel af gevlug, maar verskeie gesteelde items wat aan
die slagoffer behoort het, is in die voertuig gevind.
Teen laat gisteraand was geen verdagtes nog aangekeer nie.
The post Bekende sakevrou van Parys vermoor appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.