![Sanzaar vergader oor nuwe formaat](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-214-150x150.png)
Die uitvoerende raad van die beheerliggaam vir rugby in die Suidelike Halfrond, Sanzaar, vergader vandag en môre in Londen oor ‘n nuwe formaat vir die Superrugby-reeks.
Woordvoerder Greg Thomas sê die rugbybase besef dat dié reeks se gewildheid besig is om af te neem omdat die huidige formaat lomp en verwarrend is en oor ’n tydperk van sewe maande beslis word.
Altesaam 18 spanne neem aan die kompetisie deel en volgens berigte is daar sprake dat selfs twee van Suid-Afrika se ses franchises in die slag kan bly.
SA Rugby word op die vergadering verteenwoordig deur sy uitvoerende hoof, Jurie Roux, en president, Mark Alexander.
The post Sanzaar vergader oor nuwe formaat appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.