![Gewelddadige betoging in Reigerpark](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-211-150x150.png)
Minstens vyf mense is beseer en in ‘n hospitaal in Boksburg opgeneem nadat die polisie vanoggend rubberkoeëls gebruik het om ‘n gewelddadige skare in Reigerpark, oos van Johannesburg, uiteen te jaag.
‘n Woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, Kobeli Mokheseng, sê die toestand is onder beheer, maar gespanne.
Oproeriges het sedert tweeuur vanoggend betoog oor swak dienslewering en het ook probeer om die huis van ‘n plaaslike raadslid aan die brand te steek.
The post Gewelddadige betoging in Reigerpark appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.