![100%-Verhoging vir dié politici](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-210-150x150.png)
‘n Salarisverhoging van 100% vir ses ANC raadslede in die Setsotho-munisipaliteit in Senekal is pas goedgekeur.
Ingevolge die voorstel, wat in die ANC-beheerde raad goedgekeur is, sal die ses raadslede se salaris vanaf net meer as R252 000 per jaar na meer as R568 000 per jaar verhoog.
Die ANC sê die munisiplaiteit het verander na ’n uitvoerende burgemeesters-munisipaliteit en dit regverdig die astronomiese salarisverhogings vir die raadslede wat voortaan op die buergemeesterskomitee sal dien.
Opposisiepartye in die raad het teen dié voorstel gestem.
Die DA se raadslid, Philip Strydom, sê die salarisverhogings steel effektiewelik geld van die munisipaliteit waar dienslewering dringend nodig is.
Strydom is ook bekommerd dat stakings voortaan in die munisipaliteit sal voorkom met munisipale amptenare wat ook meer geld sal eis.
The post 100%-Verhoging vir dié politici appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.