![Afdanking van Prasa-raad word verwelkom](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-207-150x150.png)
‘n Vakbond van die Passasierspoor-agentskap, Prasa, het die afdanking van Prasa se raad verwelkom, maar terselfdertyd ‘n beroep op die minister van Vervoer, Dipuo Peters, gedoen om te bedank.
Untu beskuldig die minister daarvan dat sy versuim het om by verskeie krisisse by Prasa in te gryp.
Intussen het die gewese voorsitter van die afgedankte Prasa-raad, Popo Molefe, gesê hy gaan Peters se besluit om die raad te ontbind, in die hof betwis.
The post Afdanking van Prasa-raad word verwelkom appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.