![Bram Fischer-streekontwikkeling staan stil](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-206-150x150.png)
Miljoene rande wat vir die ontwikkeling van die Bram Fischer-streekontwikkeling bestem was, het glo onder verdagte omstandighede verlore geraak en geen ontwikkeling vind tans plaas op die leë grond nie.
Die DA sê die Multimiljoenrand-ontwikkeling in die metro se vlagskip Bram Fischer-lughawegebied staan tans doodstil.
Die DA Raaslid in die Mangaung Metroraad, Hans Britz, het tydens ’n raadsvergadering die afgelope week gesê daar is ’n groot stuk ANC-propaganda aan die projek gekoppel.
Die minister van Finansies, Pravin Gordhan, het in sy begrotingsrede gesê die lughawe-streek ontwikkelingsprojek buite Bloemfontein is onder konstruksie en meer as 8 000 bekostigbare behuisingseenhede word in en om Bloemfontein gebou.
Britz sê Gordhan is moontlik van vals inligting voorsien, aangesien die projek nie onder konstruksie is nie.
Netwerk24 berig die ANC meen die ontwerp van die ontwikkeling en dorpstigting moes eers afgehandel word.
Die party se se David Pongoloa sê water en krag is wel intussen aangelê.
The post Bram Fischer-streekontwikkeling staan stil appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.