Die studente aan die Universiteit van die Vrystaat wat onlangs na bewering urine oor ’n veiligheidswag gegooi het, moet Woensdag voor ’n tugkomitee van Kovsies verskyn.
Netwerk24 berig hul verskyning spruit uit ‘n voorval waar ‘n vroulike hekwag geweier het dat die betrokkenes die kampus sonder hul studentekaarte verlaat.
Hulle het haar daarna glo met urine gegooi.
Intussen het die UV ook bevestig dat die tugverhoor van 15 studente wat spruit uit die chaos wat in ’n Varsitybeker-rugbywedstryd in Februarie op Shimlapark losgebreek het, op 24 Oktober hervat word.
The post WAG MET URINE GEGOOI: STUDENTE VERSKYN VOOR TUGKOMITEE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.