Drie mans het laat Saterdagaand ligte tot ernstige beserings opgedoen toe hulle voertuig in Bloemfontein teen ’n trein gebots het.
Nooddiensamptenare sê die voertuig is sowat 500 meter ver saamgesleep.
Die insittendes moes met reddingstoerusting uit die wrak gesny word.
In ‘n afsonderlike voorval is twee mans dood toe hulle bakkie op die R57 buite Sasolburg in die Vrystaat gerol het.
Volgens ‘n nooddienste-woordvoerder is albei insittendes op die toneel dood verklaar.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
The post 3 MANS BESEER TOE MOTOR TEEN TREIN BOTS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.