!["Grondhervorming is frustrerend vir dié wat wil boer"](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-204-150x150.png)
Die voorsitter van Graan SA, Jaco Minnaar, sê grondhervorming is frustrerend
vir dié wat graag wil boer en vir huidige produsente wat voel dat ’n swaard oor hul koppe hang.
Hy het op die organisasie se kongres by Nampopark buite Bothaville gesê wantroue en korrupsie is die twee grootste struikelblokke vir vinnige en doeltreffende grondhervorming.
Minnaar sê Graan SA en die regering werk in verskeie projekte saam om nuwe graanboere te help vestig, terwyl groot landbou-ondernemings ook bydra om opkomende boere te help.
The post “Grondhervorming is frustrerend vir dié wat wil boer” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.