![Vrystaat se begroting](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-203-150x150.png)
Die Vrystaatse departemente wat maatskaplike dienste aan inwoners van die
provinsie moet lewer, het die grootste porsie van die bykans R33 miljard in die provinsiale begroting vir die komende boekjaar ontvang.
Netwerk24 berig Elzabe Rockman, LUR vir finansies, het die Vrystaatse begroting vir die 2017-’18-boekjaar Dinsdag bekend gemaak.
Net minder as R13 miljard is aan onderwys toegeken, terwyl die departement van gesondheid net minder as R10 miljard ontvang.
Die departement van maatskaplike ontwikkeling ontvang R1,1 miljard, waarvan R18 miljoen bestee sal word aan sanitêre ware vir behoeftige leerlinge.
Rockman het aan die departement van sport, kuns en kultuur R687 miljoen toegeken, wat ook aangewend moet word ter viering van die 20ste bestaansjaar van Macufe.
Die departement van menslike nedersettings (R1,4 miljard), departement van polisie, paaie en vervoer (R2,7 miljard), departement van openbare werke (R1,5 miljard) en departement van landbou ( R758 miljoen) sal ook groot baat vind by die begroting.
Die kantoor van die premier kry R564 miljoen vir die boekjaar.
The post Vrystaat se begroting appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.