!['SA se onttrekking aan die Strafhof kan katastrofies wees'](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-200-150x150.png)
Ses voormalige regters van die Grondwet Hof het in ’n voorlegging aan die
parlement gevra dat die regering sy plan om hom voorlopig aan die Internasionale Strafhof te onttrek, finaal laat vaar.
Dit volg nadat die regering Dinsdag sy kennisgewing dat hy hom aan dié hof wil onttrek, teruggetrek het.
Die hooggeregshof in Pretoria het verlede maand beslis die regering se besluit om hom te onttrek, is ongrondwetlik omdat die parlement dit nie goedgekeur het nie.
Die oud-regters waarsku in die voorlegging dat Suid-Afrika se onttrekking aan dié hof katastrofiese gevolge kan hê.
The post ‘SA se onttrekking aan die Strafhof kan katastrofies wees’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.