![Jong jagter veg om sy lewe teen malaria](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-197-150x150.png)
’n Professionele jagter van Limpopo veg om sy lewe in ’n Rustenburgse
hospitaal nadat hy malaria opgedoen het in ’n gebied waar dit nie normaalweg
voorkom nie.
Die 21-jarige Johann Lambrechts van Northam word onder verdowing in die hospitaal se hoësorgeenheid behandel.
Sy ma, Engela, sê sy toestand is kritiek en hy is aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel en kry nierdialise.
The post Jong jagter veg om sy lewe teen malaria appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.