![3 sterf in 'wilde skietery' in Kimberley](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-196-150x150.png)
Minstens twee polisiebeamptes en ’n voormalige polisielid is laat gistemiddag
dood in ’n wilde skietery in Kimberley.
Die polisie se kolonel Mohale Ramatseba sê dit het gebeur toe die polisielede probeer het om die oud-polisieman aan te keer.
‘n Ooggetuie het aan Netwerk24 gesê die skietery het by ’n verkeerslig uitgebreek toe ses polisielede glo die man in sy motor omsingel het.
Die man en sy vrou het glo erge huweliksprobleme gehad.
The post 3 sterf in ‘wilde skietery’ in Kimberley appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.